BESIGHEIDSTUDIES SPOG MET TWEE TOPPOSISIES

Safana Walele het vanjaar ‘n gemiddeld van 98,9% in Besigheidstudies behaal wat haar die top Besigheidstudieleerder van die Overbergdistrik maak. En om haar prestasie te kroon, het Johané Beukes die 3de posisie in die distrik ingepalm met ‘n gemiddeld van 93%. Ons is behoorlik breëbors oor hierdie twee matrieks! Mnr Shaun van der Walt, vakadviseur van Besigheidstudies, het persoonlik hul pryse kom oorhandig. Baie geluk, Safana en Johané. Sterkte met die finale eksamen!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *