TENNIS

Tydens die Harcourts Cape Agulhas o.16 T4J-Dubbelstoernooi het die spanne in Heldersig Koshuis gebly. HSB se tennisspelers se ma’s het gesorg dat elke afrigter se bed vooraf netjies oorgetrek is. Donderdagaand was die sokkie. Die tien spanne (honderd tennisspelers) het mekaar op die dansvloer beter leer ken. Ongelukkig het die naweek se reën veroorsaak dat die toernooi nie voltooi kon word nie. Die spanne kon Vrydagaand die een Wêreldbeker rugby semi-finaal, in HSB se skoolsaal, kyk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *