DOPPIEPROJEK

Hoërskool Bredasdorp se ATKV Byekorf jeugtak het vroeër vanjaar ‘n insamelingsprojek van stapel gestuur. Alle klasse het gehelp om plastiekdoppies en broodknippies in te samel. Die gr 9A-klas (Aliesha Odendaal) en gr 12B-klas (Liezel van Schalkwyk) is aangewys as die junior en senior klasse wat onderskeidelik die meeste doppies bymekaar gemaak het. Dit is oorhandig aan me Liezel Carinus, hoof Hasie Kalbassie Speelskool, en me Karin Dickason, hoof van Suideroord. Die fondse wat hieruit gegenereer word, word deur Suideroord aangewend om rolstoele en ander noodsaaklike apparate vir die tehuis aan te koop. Die speelskool dien as afsetpunt vir die gemeenskap om hul plastiekdoppies by af te gee. Baie dankie vir mee Carinus en Dickason vir onbaatsugtige diens in die Bredasdorp gemeenskap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *