MALIENKE VAN WYK SE KORTVERHAAL WEN FAK-KOMPETISIE

Malienke van Wyk, gr. 8, het aan die FAK Internasionale Afrikaanse Ekspo deelgeneem en dubbelgoud vir haar kortverhaal ontvang. Sy het 98% gekry vir haar verhaal van Wolraad Woltemade, vertel uit die oogpunt van dié volksheld se perd. Malienke is nie net die kategoriewenner vir die beste kortverhaal in gr. 8 nie, maar is ook die algehele wenner (dit sluit fotografie, kuns, voordrag ens. van regoor die wêreld in) in gr 8! Baie, baie geluk, Malienke. Dit is ‘n uitmuntende prestasie aangesien sowat 4000 inskrywings van regoor die wêreld jaarliks ontvang word. (Daar was inskrywings uit o.a. Namibië, Nieu-Seeland, Amerika, Nederland ens.) Ons glo ‘n blink toekoms wag beslis op Malienke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *