SKIM VERLAAT BREDASDORP

Vir 58 jaar was sy bruin Toyota-bakkie ‘n welbekende gesig in Bredasdorp. Dr Fanie du Plessis (beter bekend as Skim) was inderdaad ‘n legende op ons dorp. Menige BD het die voorreg gehad om by dié gesoute Rekeningkunde-onderwyser klas te hê. Vele leerders wat nog Tik as vak gehad het, is ook deur sy bekwame hande. Hy het in 1965 as onderwyser by Hoërskool Bredasdorp aangesluit en was nog tot in 2005 as ‘n deeltydse opvoeder by die gr 12’s se Rekeningkunde betrokke. Ook as koshuisvader het hy talle BD’s se lewens verryk en juis daarom deel hul steeds graag staaltjies oor hul geliefde Skim. Hy en sy vrou, Rina, gaan hul eersdaags op Douglas vestig waar hul dogter ook woon. Ons wens hul baie voorspoed toe met die nuwe lewensfase. Hoërskool Bredasdorp is opreg dankbaar vir die insette van hierdie opvoeder in murg en been.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *