BD-PERSONEEL BESOEK SUIDEROORD

Wat ‘n belewenis was dit nie toe die BD-personeel en Suideroord-inwoners op 15 November saamgekuier het nie. Nadat Thys Kriel ‘n besielende boodskap gebring het, is daar lekker saam kersliedjies gesing en gekuier. Daar is kopstukke gesels oor kinders en mooi herinneringe is gedeel. Baie inwoners was vroeër deel van Hoërskool Bredasdorp. Van hulle het steeds bande met die skool, aangesien hul kleinkinders BD’s is. Wat ‘n voorreg om so as ‘n Bredasdorp-gemeenskap saam te kuier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *