Saterdag, 24 Augustus was ‘n fees vir die matrieks van 2014 toe hulle heerlik saam met hul oud-onnies by die skool koek en tee geniet en mekaar weer van vooraf leer ken het. Tannie Mariana Wessels (soos sy welbekend is onder die BD’s) het die oud-BD’s in die geboue en op die terrein rondgewys sodat hulle kon sien hoe die terrein en geboue tans na hul afwesigheid van 10 jaar lyk. Daarna het die oud-BD’s by die Gholfklub verder saam gekuier. Baie dankie aan Bea-Marie Visser en Mabeth Crafford wat al die reëlings getref het.