NOG ‘N SPRINGBOK VIR HSB

Die BD’s is besonder trots op Julia de Kock (matriek 2015) wat gekies is vir die Springbok Endurance Riding/Uithourit-span. Hierdie ervare perderuiter het onlangs in Swakopmund in Namibië deelgeneem as lid van die Protea Standaard Gewigspan. Hulle is nie net as die algehele wenners van die spankompetisie gekroon nie, maar Julia het ook algeheel vierde geëindig. Met hierdie prag prestasie het sy ook ‘n permanente nommer verwerf. Julia neem reeds van ‘n jong ouderdom af aan perdrykompetisies deel. Volgens hierdie bedrewe sportvrou was dit haar uitdagendste uithourit tot dusver, maar beslis ‘n ondervinding wat sy vir niks sal verruil nie. HSB is saam met haar verheug oor hierdie hoogtepunt van haar sportloopbaan. Baie geluk, Julia.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *