Saterdag was die amptelike opening van ons netbal- en tennisbane.
Baie dankie aan mnr Antonie du Toit vir al sy harde werk, kundigheid en raakvat.
Ons wil ook dankie sê aan die HSB ondersteunersklub, mnr Jaco Bredell en mnr Callie van der Merwe vir hul donasies vir die plaveisel.
Die dag is afgesluit met ‘n suksesvolle “Fast 5” netbaltoernooi.