BD’s SKITTER BY HEIDELBERG EISTEDDFOD

Reese Louw (gr 10) en Daniël Fourie (het HSB se naam hoog gehou by die Heidelberg Eisteddfod. Hierdie twee talentvolle BD’s het hul entoesiasme vir kultuur bewys deur hul pragtige uitslae. Reese het 2 cum laudes, 1 goud+ en 1 goud ontvang. Daniël het weggestap met 2 cum laudes. . Nog goeie nuus is dat Daniël die sertifikaat van uitnemendheid vir die beste prestasie in DRAMA in gr 8, met sy monoloog gewen het. Reese ontvang die Senior Veelsydigheidstoekenning vir haar indrukwekkende verskeidenheid items in beide tale met die hoogste gemiddelde in drie items. ‘n Puik prestasie, aangesien die senior fase alle deelnemers van gr 7 tot 12 insluit. Baie geluk!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *