Markus vd Walt, Cole Coetzee, Minke Terblanche en Nina Terblanche het die afgelope twee naweke aan die Cape Town Premier League hokkietoernooi deelgeneem.
Spelers skryf self in, waarna spanne saamgestel word uit die beste inskrywings wat uit onderskeidelik die WP- en Bolandstreek ontvang is.
Markus en Nina was in die All Stars-groep, Cole was ‘n Raptor-speler en Minke het vir die Royals Franchise-span gespeel.