Uncategorised
KRIEKET
BD’S SE O/19A-SEUNSKRIEKETSPAN LAAT OVIES LES OPSÊ
Op 4 Februarie het die BD’s en Ovies se eerste krieketspanne kragte gemeet in Caledon. Bredasdorp het die loot gewen en eerste gaan kolf. Hul teken 159 lopies in 20 boulbeurte aan. Conrad Bothma het nie teleurgestel nie en 70 lopies in ons guns aangeteken. Die Ovies kon slegs 120 lopies aanteken. Cole Coetzee het 4 paaltjies geneem.
Die BD’s seëvier dus met 39 lopies. Mooi so, manne – julle maak ons trots!