STELLENBOSCH KAMERMUSIEK FEES

Ons is baie trots op Helena Kriel in gr12, wat gekies is om deel te wees van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, wat talentvolle jong SA musikante die geleentheid bied om te studeer, op te tree en geïnspireer word deur kamermusiek op ‘n internasionaal en erkende professionele standaard. Ongeveer 240 nasionale en internasionale deelnemers tussen 12 en 28 jaar, word in kamermusiekgroepe verdeel. Hulle kry ‘n repetorium waarop hulle afrigting ontvang van ervare SA en internasionale kamermusiekkenners. Hulle tree ook op in ‘n aantal konserte. Wat ‘n wonderlike geleentheid vir Helena!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *