BD-KULTUURKATTE, ONS TROTS BY RATEM-EISTEDDFOD

Die sewe BD-kultuurkatte wat onlangs tussen hulle 1 brons, 4 silwer, 11 goue en 6 cum laudes in die Spraak en Drama-afdeling van die RATEM Eisteddfod in Riversdal ingepalm het, het HSB verder trots gemaak. Malienke van Wyk het die medalje vir die hoogste persentasie in die English Poems-afdeling (94%) gewen. Reese Louw was die medaljewenner vir die gr 10 English-poems met ‘n puik 91% Die trofee vir die Algehele hoogste persentasie van ‘n dogter (gr 8 tot 12) in die Drama-afdeling, kom ook vanjaar na Hoërskool Bredasdorp toe. Baie geluk aan Malienke van Wyk in gr 9. Voorwaar skitterend! Ons is trots op al die BD-deelnemers FOTO: Agter vlnr: Zoë October, San-Mari Rossouw, Reese Louw Voor vlnr: Jadene Laing, Leslie-Ann Janse van Rensburg, Casey-Leigh Moses en Malienke van Wyk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *