BD-SKRYWER BLOM

Malienke van Wyk, gr 9, se kortverhaal gebaseer op “Waar ruwe rotse” van C M van den Heever, word opgeneem in INSPRAAK 5 (Die donker kloof). Hierdie bundel is ‘n jaarlikse inisiatief van NALAN/Bloemfontein Skrywersvereniging. Hulle het altesaam 1397 inskrywings van 343 digters en skrywers ontvang. In die bloemlesing word 735 gedigte en 146 kortverhale uiteindelik opgeneem. Ons is verheug dat Malienke se kortverhaal ook in hierdie bundel gaan pryk. Op 9 November word die boek amptelik vrygestel in Pretoria. Hierdie talentvolle BD-skrywer is ook amptelik genomineer vir ‘n prys by hierdie funksie. Ons is baie trots en hou styf duim vas vir Malienke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *