Uncategorised
KRIEKET SEËVIER TEEN DIRKIE UYS
Die o.19-krieketspan het op Saterdag, 18 Januarie, in Moorreesburg teen Hoërskool Dirkie Uys kragte gemeet. BD’s het die loot gewen en Dirkie Uys ingestuur om te kolf. Bredasdorp haal die opponente vir 138 lopies uit met Rickus Badenhorst wat 5 paaltjies neem en slegs 29 lopies in sy 7.2 boulbeurte afstaan. BD’s het hulle kolfbeurt goed begin. Conrad Bothma het puik gekolf en 77 lopies van 34 balle aangeteken, wat 9 viere en 6 sesse insluit. Dit was verseker n goeie spanpoging. Ons is baie trots op die manne.