BD’s GENIET KREATIEWE SKRYFWERKSWINKEL

Vier BD-dogters wat skryf- en digkuns geniet, het op 18 Februarie die geleentheid geniet om by Muddy Waters op Napier met ander jong skrywers van Hermanus, Swellendam en Caledon koppe bymekaar te sit. ‘n Werkswinkel vir jong digters is deur mnr Bernard Odendaal, professor verbonde aan die navorsingseenheid vir Taal en letterkunde van Noordwes-Universiteit, aangebied. Hy was ook tien jaar lank die direkteur van die ATKV-Skryfskool op Potchefstroom. Daarna het ‘n skryfkompetisie plaasgevind. Twee keurders, mnr Marius Swart (Afrikaans dosent by Universiteit Stellenbosch en self ‘n trotse oud-BD) en Mathabo le Roux (redakteur van Suidernuus) sal die gedigte beoordeel. Die wenners sal voor die einde van die kwartaal aangekondig word. Ons is trots op hjerdie BD’s wat hier hulle passie vir woorde kon skaaf en verfyn. Vlnr: Milan Daniel (gr 12), Mischka Hans (gr 11), Malienke van Wyk (gr 10) en Suzanne Pretorius (gr 12) saam met me Linda Botha, die organiseerder van die slypskool.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *