RUGBY GESINSAAND

Ons was bevoorreg dat drie oudskoliere eregaste en sprekers by vanjaar se rugbyfondsinsameling, naamlik die Gesinsaand was. Gert Aggenbach, Fyzel Afrika en Anthony Volmink het in 2008 vir die BD o.19A-span gespeel. Anthony het daarna professioneel vir die Leeus, Sharks en Southern Kings gespeel. Hy speel tans klubrugby in Frankryk . Baie dankie aan die rugby-organiseerder, mnr Thys Kriel en die rugby-afrigters wat die reëlings vir die aand, wat ‘n heerlike ete ingesluit het, getref het. Die o.14A-, o.15A- en o.19A-spanne is by hierdie geleentheid aan die ouers bekend gestel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *