PRESTIGE 2021: 1ste posisie in gr12

Hartlik geluk aan Marnél Retief, hoofmeisie van 2021, wat aangewys is as HSB se DUX-leerder van 2021. Hierdie veelsydige jong dame beplan om volgende jaar B.Com. Internasionale Studies aan die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer. Sy behaal ook die hoogste persentasie in beide Afrikaans en Engels Huistaal en wen daarmee die Una Coetzee-trofee vir beste tweetaligheid. Sy wen die Dr Theresa Scholtz-prys vir Lewenswetenskappe, die Johny & Suzie Wilson-trofee en die BVSA-prys vir Besigheidstudies. Sy is aangewys as die beste praktiese student in Verbruikerstudie waarvoor sy die Johny & Suzie Wilson-trofee ontvang. Die VLV-prys vir beste Verbruikerstudiestudent, asook ‘n kontantprys vir die beste LO-student, is ook aan haar toegeken. Voorts ontvang sy die skoolhooftoekenning vir veelsydigheid en die Overberg Agri-trofee vir uitsonderlike leierskap. Op sportgebied is sy aangewys as die Beste hokkie O.18 Aanvallende speler, asook die Beste Dogtershokkiespeler van die jaar. Ons beste wense vergesel Marnél op haar lewenspad.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *