Uncategorised
PRESTIGE 2021: 2de posisie in gr12
Baie geluk aan George de Kock, hoofseun van 2021 wat op akademiese gebied die tweede klasposisie beklee. Hy het die hoogste persentasie in English FAL, hy wen die Evergreen Office National-kontantprys vir Wiskunde, die Villet & De Wet oorkonde vir Rekeningkunde en die Premium Computers-kontantprys vir IT. George is ook aangewys as die wenner van die Jacqueline Leuvennink-trofee vir veelsydigheid op alle vlakke (akademie, kultuur, sport en leierskap). Hy ontvang ‘n skoolhooftoekenning vir lojaliteit, entoesiasme en respek. Op sportgebied ontvang hy erekleure vir beide Swem en Onderwaterhokkie. Hy is ook aangewys as die Beste Seunswemmer van die jaar en die Beste Senior Onderwaterhokkie seun.
George beplan om in 2022 Bedryfsingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer. Ons wens hom voorspoed vir ‘n blink toekoms.