Uncategorised
Hartcourts 0.15 T4J
HSB het hierdie naweek die Hartcourts 0.15 T4J Dubbelstoernooi vir tien skole aangebied. Ongelukkig kon alle spanne, agv reën, nie al hul finale rondtes voltooi nie.
HSB het HS Dirkie Uys 5-3 gewen (20 elk in punte), Pearson High School 7-1 gewen, HS Nico Malan 8-0 gewen, teen HS Bellville 3-5 verloor en gelykop gespeel teen HS DF Malan 4 elk (punte 20 elk).
HSB se span was Lohann Fourie, Minke Du Toit, Thomas Fourie, Anja Geyer, Juan Ferreira, Mieke Saayman, Luan Prins en Minke Terblanche.