Uncategorised
BD-KULTUURKAT VERKEN VERMAAKWÊRELD
Amanda Gouws, veelsydige gr 11-leerder, het in haar besige skedule nog tyd ingeruim om ‘n 12 maande dramakursus ook suksesvol te voltooi. Mandie het die “Mentor My”-kursus onder die bekwame leiding van bekendes in die toneelwêreld voltooi. Ilné Benade en Izak Davel was haar betrokke mentors. Dit word deur Via en ABS-produksies aangebied en Anthonie Bougas is die uitvoerende vervaardiger.
Ten einde dit suksesvol te kon slaag, moes sy talle take inhandig en verskeie modules voltooi. Sy moes maandeliks videos (rakende sekere drama aspekte, bv improvisasie) instuur. Sy het onder andere ‘n werkswinkel in Melkbosstrand bygewoon. Sy het al verlede jaar met die kursus begin, maar opnames het eers vanjaar by Laerskool Goodwood.
plaasgevind.
As ywerige kultuurleerder, kan Mandie hierdie kennis van die vermaakbedryf weer met vrug toepas in haar eie optredes tydens eisteddfods en konserte. HSB is inderdaad trots op hierdie raakvatter.