KRIEKETTOER

Die BD’s se jong en onervare krieketspan het weens reën die geleentheid gehad om net drie van hul vyf wedstryde te speel. Hulle het egter al drie die wedstryde teen Secunda, Dr Malan en Middelburg verloor. Alexander Janse van Rensburg, gr. 9, is aan die einde van die week in die Merensky 0/18 droomspan opgeneem. Hy het 10 paaltjies in die onderskeie wedstryde platgetrek en 20 lopies teen Secunda aangeteken. Hierdie span gaan volgende jaar na Nieu-Seeland toer. Ons is baie trots op Alexander asook die res van die span wat hul beste teen al die ander skole se eerste spanne gegee het! Dankie dat julle ons naam hoog hou.

Leave a Reply

Your email address will not be published.