OUDSKOLIERE NUUS

Baie geluk aan Elanie van Niekerk (nèe van Schalkwyk), hoofdogter 2014 wat aangestel is as ‘n internasionele PhD-kandidaat in die Departement van Taal, Literatuur en Kommunikasie by Utrecht Universiteit vir ‘n periode van vier jaar. Haar werksverpligtinge sluit deelname aan ‘n navorsingsprojek tussen Nederland, Swede en Indonesië, wat vroeë kommunikasieontwikkeling in 0-3 jarige kinders ondersoek, in. Sy sal ook klasgee aan voorgraadse studente in bogenoemde departement. Elanie het haar Meestersgraad in Spraak- en Taalterapie in Maart 2021 Cum Laude aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Sy is sedert Januarie 2019 werksaam as spraak-en taalterapeut by die Rooi Kruis Kinderhospitaal. Baie voorspoed met haar nuwe uitdaging wat in Oktober 2022 ‘n aanvang sal neem. Ons is met reg trots op haar en glo dat sy baie suksesvol in haar nuwe betrekking sal wees. Hou die BD’s se naam in Nederland hoog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *