Aan al ons HSB 1ste spanne en Matrieks wat in hul laaste Interskole deelgeneem het… hierdie een is vir julle!! Baie geluk met die wen @ Monties!! Ook aan elke ander span en leerder van ons wat deelgeneem het, wen of verloor…. Wat ‘ n voorreg om weer deel van Interskole 2022 te kon wees! […]
Daily Archives: 10 August 2022
HSB en HS Montagu se matriekrade het vroeg gisteroggend ‘n heerlike ontbyt saam geniet waar hul geskenkies uitgedeel het, gesels het en meer oor mekaar en die twee skole geleer het. Vir beide skole was hierdie geleentheid baie spesiaal!
HSB is trots op elke BD wat hul beste op die veld en baan gegee het en aanhou veg het totdat die eindfluiting geblaas het. Dankie aan elke ondersteuner wat die BD’s aangemoedig het!
Geskiedenis is gemaak toe daar vir die eerste keer ‘n bergfietswedren by hierdie jaar se interskole was. John Dunn (1ste), Robert Ooms (3de), Dian Fourie (4de), Minke du Toit (eerste dogter), JP Fick en Rieghard Roos het die BD’s verteenwoordig en hul naam hoog gehou.
Baie geluk aan elke span.
Vandag is daar groot gespog tussen die personeel en leerders tydens die Big Brag.
HSB se personeel het vandag groot gees gevang op die netbalbane in aanloop tot môre se interskole in Montagu.
Hierdie expo is vanjaar as ‘n hybrid-kompetisie aangebied. Die leerders het hulle projekte aanlyn ingehandig en het vandag by Paul Roos Gimnasium vir beoordeling gaan uitstal. Daar was in totaal 191 projekte ingeskryf waarvan Hoërskool Bredasdorp 7 projekte ingeskryf het. Die volgende graad 8 en 9-leerders het gaan deelneem: Graad 9: Lulah Kilingbeck, Suzanne Pretorius, […]
HSB se E-sportspan het die afgelope Sondag teen Trinity House (Gauteng) gewen en daarmee 1ste in hul poel geëindig. Hulle dring deur na die volgende uitkloprondtes waarmee hul reeds hierdie week gaan begin. Baie geluk en sterkte met die volgende rondtes! Op foto: Agter v.l.n.r.: Wihan Jordaan, Garreth Pietersen Voor v.l.n.r.: Mnr. Tiaan Diedericks (afrigter), […]
4 DAE!!