Baie sterkte!
Daily Archives: 26 August 2022
Kyk die video!
Die Junior ATKV het op 20 Augustus ‘n vrouemiddag aangebied met die doel om mense van die ATKV se uitreikprojekte en doelstellings bewus te maak, asook om fondse in te samel. Me Yvonne de Wit, ‘n juwelier van Napier, was die gasspreker. Sy maak juwele uit skulpe, seewier, silwer en koper. Dit was dus nie […]
Die volgende drie gr 11-leerders is reeds vir 2023, tot die VRL verkies: V.l.n.r. AJ Basson, Harold de Wet en Dea-né Daniells. Baie geluk! Die res van die matriekraad asook die gr 9 tot 11 VRL-lede vir 2023 sal aan die einde van die kwartaal aangekondig word.
Die hoogste kultuurtoekennings is op Dinsdag, 23 Augustus, aan die kultuur-BD’s oorhandig. Baie geluk aan die volgende leerders wat Spesiale Toekennings ontvang het: BALLET: Linda Booyse Balletskool Beste Vordering: Sophia de Lange, gr 8 Beste Ballerina Junior: San-Mari Rossouw, gr 9 Senior: Josie Dennis, gr 11 Beste Kontemporêre Danser (groep): Ciara Laubscher, gr 10; Tanya […]
Kom ondersteun ons toernooi!
Die graad 11’s het gister in Lewenswetenskap longe gedisekteer nadat hulle hierdie week die long behandel het. Dankie aan juffrou Olivier wat dié ervaring na die klaskamer toe bring en die leerders (en dalk toekomstige dokters) hierdie geleentheid gee. Ook bedank ons graag Bredasdorp Slagpale wat elke jaar die longe vir die graad 11-klas skenk.