Leighton Ahrends en Jayden Kamfer het onlangs hul skopboks rooi gordels ontvang. Baie geluk en ons sien uit na die vordering wat julle in die toekoms gaan maak. Twee manne om beslis aan jou kant te hê!
Monthly Archives: August 2022
Baie geluk aan die volgende BD’s met die medaljes wat hul by die pas afgelope Wetenskap EXPO in Stellenbosch, ingepalm het. Daar was altesaam 194 inskrwyings. Sophia de Lange en Reese Louw – silwer Phillip Fick en Hugo Bester, Suzanne Pretorius, Lulah Kilingbeck -Brons Foto v.l.n.r. Sophia de Lange, Hugo Bester, Phillip Fick, Lulah Killingbeck, […]
Come and enjoy a lovely morning with your daughter or mom. Daar is beslis iets te leer en kom hoor hoe die toekomstige generasie van jong vroue kan opstaan om ‘n verskil in hul skool en dorp te kan maak.
Hugo Bester, graad 8, is weer vir die WP-span gekies wat einde September aan die Inter Provincial bottem fish visvangkompetisie gaan deelneem. Baie geluk, Hugo. Jy hou die BD’s se naam hoog.
Dit was die laaste sportdag van die seisoen! Dit was ook die laaste keer wat verskeie van HSB se matrieks ons skool op die sportveld verteenwoordig het. Dankie vir wat elke matriek tot ons skool se sport bygedrae het, dankie dat julle die skoolwapen met trots gedra het. Die jonger spelers kyk na julle op. […]
Hoërskool Bredasdorp ondersteun die klein BD’s! Laerskool Bredasdorp Primary Ons wens julle alle sterkte met die laaste voorbereidings toe. We will be next to the field and court supporting and cheering for you all the way!
Baie dankie aan Caledon FM wat ons vandag uitgenooi het vir ‘n radiopraatjie oor die afgelope interskole teen Hoërskool Montagu wat die naweek plaasgevind het. Op die foto is me Ursulla le Grange van Caledon FM saam met mnr Marlon Olivier, mnr Christopher van Niekerk en Bazola Stofile in die ateljee.
We are very excited that after several weeks of training and preparation, the microbits have arrived and the robotics project can begin! In the photo: Right to left Mr Louis vd Merwe handing over the microbits to Mrs Estelle Genis (CAT educator) and Mr Donald Cook (IT educator).
Aan al ons HSB 1ste spanne en Matrieks wat in hul laaste Interskole deelgeneem het… hierdie een is vir julle!! Baie geluk met die wen @ Monties!! Ook aan elke ander span en leerder van ons wat deelgeneem het, wen of verloor…. Wat ‘ n voorreg om weer deel van Interskole 2022 te kon wees! […]
HSB en HS Montagu se matriekrade het vroeg gisteroggend ‘n heerlike ontbyt saam geniet waar hul geskenkies uitgedeel het, gesels het en meer oor mekaar en die twee skole geleer het. Vir beide skole was hierdie geleentheid baie spesiaal!