By HSB kan ons nie sonder ons sekretaresses en adminpersoneel funksioneer nie! Die adjunkhoof, mnr Matthys, het namens die opvoeders hul waardering uitgespreek vir die harde werk en die beeld wat hul na buite uitdra. Ons is uiters dankbaar vir wat julle vir die leerders, ouers en personeel doen. Baie dankie aan: Mev. Soretha Kotzé […]
Daily Archives: 8 September 2022
Dit is met groot hartseer dat HSB van die afsterwe van Jamery Carelse, matriek 2009, verneem. Ons innige meegevoel aan sy familie, gesin, vriende en almal wat hom geken het!
Baie seën!
Elza de Kock het ‘n AdMaths-sertifikaat ontvang vir haar uitstekende prestasie in die November 2021 (gr. 10) en Junie 2022 (gr. 11) eksamens. Elza het bo 90% in beide eksamens behaal, voorwaar ‘n puik prestasie. Baie geluk, Elza. HSB is baie trots op jou!
Saterdag, 3 September, het HSB weereens ‘n baie suksesvolle 7’s rugbytoernooi aangebied. 16 skole het kom deelneem. Paarl Gimasium het in die o/15- en o/17-afdeling met die bekers weggestap. HSB se o/15-span het egter die Skildtrofee gewen. Baie geluk, manne! Baie dankie aan ons borge, Overberg Wealth and Risk , PG Glass en Santam Insurance […]
Kom ondersteun ons stalletjie, die Windpomp Plaasstal, links van Ingang B. Ons sien julle daar!
Baie sterkte met jul Rekordeksamen wat vandag begin. HSB staan bankvas agter julle!
Ons is baie trots op ons eie BD! Elvino September, graad 12, het Saterdag in die 10km die wenstreep as die eerste junior man oorgesteek. ! WINNERS ! 10km Men Junior Elrino September Time: 35:14 Winning Prize Money sponsored by PSG #psg #VoetVanAfrikaPartners #VoetVanAfrikaMarathon
HSB is hierdie jaar baie geëerd om so nou betrokke met die Voet van Afrika te wees! Ons skoolgronde was Vrydagaand die begin- en eindpunt vir die 4km Toontjie. Die 10km-, 21km- en 42km-deelnemers het ook op ons pragtige skoolgronde oor die wenstreep gehardloop. Thank you to Voet van Afrika for this opportunity. Thank you […]
We are very thankful for the exposure. Congratulations on a very successful event, Voet van Afrika ! This year we partnered with Bredasdorp High School for our venue. They’ve worked tirelessly to get their Sports Grounds ready for us. Tomorrow we will set up and make final preparations for this weekend. Thank you to everyone […]
- 1
- 2