HSB TOP 10-BYEENKOMS

Vandag was die eerste HSB Top 10 na die Covid-pandemie! En wat ‘n suksesvolle dag was dit nie. Die atlete het uitstekend presteer en ‘n paar rekords het gespat. ‘n Paar oud SA-atlete het vandag by Top 10 kom inloer. Almal as afrigters. V.l.n.r. Charl du Toit (SA Paralimpiese atleet wat goud by Paralimpiese Spele gewen het), Justine Palframan (SA 400m atleet), Elana Meyer (goue medaljewenner by 1996 Olimpiese Spele), Jacques v Rensburg (SA 1500m atleet), Marinda Fourie (SA 400m atleet), Johan Fourie (SA 1500m atleet en vorige SA-rekordhouer), Muller Retief (skoolhoof). Hoërskole: Baie geluk aan Hoër Landbouskool Boland wat die Klein Skole gewen het. Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) was die wenners van die Groot Skole, baie geluk. Laerskole: Baie geluk aan Laerskool Montagu – Monties wat die Klein Skole wen. Laerskool Hartenbos wen die Groot Skole. Baie geluk! Baie geluk aan elke atleet en dankie aan almal wat ons dag ondersteun het. Sien julle beslis volgende jaar!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *