KRIEKET: o/19 dogterskrietspan teen HS Swartberg

HSB se o/19 dogterskrieketspan het vandag weg teen HS Swartberg in Caledon gespeel en met 4 lopies gewen! Die BD’s wen die loot en besluit om eerste te kolf. BD’s teken 114/3 in 20 beurte aan. Beste kolwers: Anelmari van Niekerk 34* en Junicke Newman 24*. Die BD’s gaan in om te boul en Swartberg teken slegs 111/3 in die 20 beurte aan. Beste boulers: Anelmari neem 2 paaltjies in 4 beurte en staan 9 lopies af. Baie geluk, meisies!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *