Baie sterkte aan die graad 8-11 BD’s wat hierdie week met hul eksamen begin!
Monthly Archives: November 2022
Vic le Grange, die oud-Springbokatleet en afrigter van vele Suid-Afrikaanse atlete, het vandag van ons BD-atlete in spiesgooi, diskus en gewigstoot kom touwys maak. Die BD’s het omtrent aan sy lippe gehang en soveel nuwe kennis opgedoen. Ons kan nie wag vir volgende jaar se atletiekseisoen nie! Baie dankie vir die geleentheid, Vic!
BD’s se dogterskrieketspan het die damespersoneel uitgedaag. Dit was ‘n heerlike middag van baie lekker lag en net ontspan! Damespersoneel: 73 almal uit Beste kolwer Juf Olivier 31* Dominee Pieter 17 Beste bowler Me Estelle Coad met 1-17 (2.4 overs) Dogters: 74/1 Beste kolwers Anina Treurnicht – 11* Cailin Coad – 19* Beste bowlers Fayannette […]
Die graad 11-Geografieklas het vandag Palmiet Pomp- en stoorkragsentrale in Grabouw besoek. Dit was werklik ‘n baie leersame uitstappie en die leerders verstaan Eskom nou ‘n bietjie beter! Dankie aan juf. Odendaal wat hierdie geleentheid vir haar leerders bied.
Vakante poste
HSB se tennis het die naweek na Hartenbos getoer. Vrydag kon die spelers geesbou aktiwiteite geniet. Saterdag is wedstryde teen Hoërskool PUNT High School gespeel. HSB het 9-15 verloor.
HSB het vanmiddag teen HS Overberg tuis tennis gespeel. HSB wen 5-0! Hier is Lohann Fourie en AJ Basson (kaptein) by hul teenstanders. Baie geluk!
HSB se o/19 dogterskrieketspan het vandag weg teen HS Swartberg in Caledon gespeel en met 4 lopies gewen! Die BD’s wen die loot en besluit om eerste te kolf. BD’s teken 114/3 in 20 beurte aan. Beste kolwers: Anelmari van Niekerk 34* en Junicke Newman 24*. Die BD’s gaan in om te boul en Swartberg […]
Mag die dag besonders wees. Dankie vir wat Mnr. vir HSB beteken! Ons skoolhoof daag in sy 007-kar op.