GHOLFTOER

Die BD-gholfspelers het na afloop van die eksamen ‘n vinnige gholftoer onderneem. Die Kleinbaai gholfbaan met ‘n pragtige see uitsig, sowel as die heerlike braai in Franskraal, was enkele hoogtepunte op dag een. Die manne moes ook veral bontstaan om Gansbaai se groot “gatsby’s” opgeëet te kry. Die volgende oggend was die spelers bevoorreg om die Panthera Africa Big Cat Sanctuary in Stanford te besoek, beslis ‘n belewenis. Die gholfers is beslis gemotiveetd vir die 2023-seisoen wat voorlê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *