Meneer David Snyman verlaat HSB

Meneer Snyman was net ‘n jaar deel van die BD-familie, maar het beslis ‘n verskil kom maak. Hy verlaat HSB om na sy alma mater, Hoërskool Durbanville, terug te keer. Daar sal hy Wiskunde, EBW/Ekonomie aanbied. Hy sal ook moontlik by krieket, rugby en tennis betrokke wees. Dankie dat Meneer in so ‘n kort tydjie leerders kom aanraak het. Dankie dat Meneer altyd so passievol langs die sportveld was. Meneer het ook in LO vele lewenslesse met die BD’s kom deel. Ons is dankbaar dat HSB Meneer hierdie jaar kon hê! Mag Meneer se toekoms blink wees. Mag Meneer aanhou om leerders te inspireer. Mag goedheid, guns en gesondheid Meneer vergesel. Totsiens, Meneer Snyman!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *