KALAHARI VASBYT

Dit is altyd regtig lekker om skole te besoek. Mnr. Muller Retief, die hoof van HS Bredasdorp het vooraf met my gereël dat Minke du Toit die praatwerk sou doen en ek net baie kort iets sou toevoeg. Dit was n groot vreugde om na haar te luister en haar entoesiasme aan te voel. Ook om te sien watter reuse bydrae hierdie klein plattelandse skool tot opvoeding maak. Ek was nie verbaas om te sien dat ons Minke sommer op verskeie terreine n uitblinker is nie. Mooi Minke en mooi Bredasdorp.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *