Monthly Archives: September 2023

HOKKIE FONDSINSAMELING

Die BD-hokkiespelers het op Vrydag, 15 September, ten spyte van die gure weer baie entoesiasties hul jaarlikse blikskud-fondsinsameling in die dorp gehou. ‘n Pragtige bedrag van R11 000 is ingesamel. Baie dankie vir elke bydrae en die positiewe reaksie van elke motoris wat hul ondersteun het. Baie dankie ook aan elke hokkiespeler. Me Elza Olivier […]

JEUGSKOU

Op 17 September het 12 van ons BD’s aan die Nampo jeugskou deelgeneem. Ons leerders het in die volgende kategorieë deelgeneem: kulinêre kuns, suiwelbereiding, suiwelbees, wolskaap, perde en wedvlugduiwe. Ons leerders het die volgende prestasies behaal: Kulinêre kuns: Ina-Mari Augustyn 1ste plek Emma Bester 2de plek Taygan Jameson 3de plek Jody Plaatjies 4de plek Matt […]