HOKKIE FONDSINSAMELING

Die BD-hokkiespelers het op Vrydag, 15 September, ten spyte van die gure weer baie entoesiasties hul jaarlikse blikskud-fondsinsameling in die dorp gehou. ‘n Pragtige bedrag van R11 000 is ingesamel. Baie dankie vir elke bydrae en die positiewe reaksie van elke motoris wat hul ondersteun het. Baie dankie ook aan elke hokkiespeler. Me Elza Olivier het die fondsinsameling gekoördineer en verdien beslis ‘n baie groot dankie daarvoor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *