JEUGSKOU

Nege van ons BD’s het op 14 Oktober aan die Villiersdorp Streekjeugskou deelgeneem. Ons BD’s het die volgende uitslae verower: Perde: Ruan Temmers: derde plek Skye Appel: vyfde plek Kullinêre kuns: Ina-Mari Augustyn: eerste plek Taygan Jameson: tweede plek Matt Fortuin: derde plek Mikayla de Jager: vierde plek Suiwelbereiding: Helena Kriel: eerste plek Willem Strauss: tweede plek Anja Swift het as gids gedien vir die eerste blinde meisie wat aan die suiwelbereidingklas deelgeneem het. Hulle was die baanbrekers vir dié klas. Dankie vir jou omgee en mooi hart, Anja. Ons is baie trots op elkeen van julle wat deelgeneem het!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *