Daily Archives: 24 October 2023

GR 12 UITSTAPDAG

Hoërskool Bredasdorp het op 20 Oktober tydens ‘n baie aandoenlike en stylvolle geleentheid, afskeid van 2023 se unieke gr 12-klas geneem. Die leerders was bekend vir hul samewerking in groepsverband. Juis daarom was mnr Retief, die skoolhoof, se afskeidsboodskap waarin hy die olifant met sy skerp geheue en verbintenis tot die trop as ‘n metafoor […]

BD-ONNIES WYS SPIERE TEEN LAERSKOOL BREDASDORP

V.l.n.r.: Juf. Anneri Slabbert, mnr Tiaan Diedericks, mnr Sebastiaan Nieuwoudt (aflosonderwyser) en juf. Sanna Prins het gewys dat ‘n uitdaging hul nie afskrik nie toe hul Laerskool Bredasdorp aangevat het in die aflos-item tydens LSB se kleuresport. Die BD-onnies het weliswaar nie gewen nie, maar vir groot vermaak vir die klein-BD’s gesorg. Die pawiljoene het […]

TENNIS

HSB se tennisspan wat aan die Harcourts o.16 T4J-Dubbelstoernooi deelgeneem het, het hulself ten spyte van die nat weersomstandighede, baie geniet. Hoewel die weer die beplande wedstryde gekniehalter het, het die tennisspelers van die deelnemende skole mekaar by die T4J-sokkie beter leer ken en ook heerlik voor die TV saamgekuier om rugby te kyk. Danksy […]

TENNIS

Tydens die Harcourts Cape Agulhas o.16 T4J-Dubbelstoernooi het die spanne in Heldersig Koshuis gebly. HSB se tennisspelers se ma’s het gesorg dat elke afrigter se bed vooraf netjies oorgetrek is. Donderdagaand was die sokkie. Die tien spanne (honderd tennisspelers) het mekaar op die dansvloer beter leer ken. Ongelukkig het die naweek se reën veroorsaak dat […]