GR 12 UITSTAPDAG

Hoërskool Bredasdorp het op 20 Oktober tydens ‘n baie aandoenlike en stylvolle geleentheid, afskeid van 2023 se unieke gr 12-klas geneem. Die leerders was bekend vir hul samewerking in groepsverband. Juis daarom was mnr Retief, die skoolhoof, se afskeidsboodskap waarin hy die olifant met sy skerp geheue en verbintenis tot die trop as ‘n metafoor gebruik het, baie gepas. Elkeen stap nou sy eie padkaart en is verantwoordelik vir hul eie lewenspad. Trap mooi spore, matrieks 2023!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *