TENNIS

HSB se tennisspan wat aan die Harcourts o.16 T4J-Dubbelstoernooi deelgeneem het, het hulself ten spyte van die nat weersomstandighede, baie geniet. Hoewel die weer die beplande wedstryde gekniehalter het, het die tennisspelers van die deelnemende skole mekaar by die T4J-sokkie beter leer ken en ook heerlik voor die TV saamgekuier om rugby te kyk. Danksy Harcourts het elke speler ‘n handdoekie en medalje vir deelname ontvang. Ons waardeer jul betrokkenheid by ons T4J-tennis. HSB se span het teen Hoërskool Strand verloor maar was voor teen Hoërskool Bellville toe spel a.g.v. reën gestop moes word. Harcourts Cape Agulhas Agter vlnr: Dirk Neethling, Jan-Carel Lochner, Luan Prins, Conrad Bothma, Mluleki Zimu Voor vlnr: Mickyla de Villiers, Mieke Saayman, Emma Neethling, Minke Terblanche en Nina Terblanche

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *