SKAAK

Die BD-skaakspan is uitgenooi om op 14 Oktober aan die Boys High skaaktoernooi/Chess festival in die Paarl deel te neem. Spanne A en B het Vrydagoggend om 8:30 met die toernooi afgeskop. Hulle het Vrydag drie rondtes voltooi en Saterdag nog drie rondtes gespeel. Span A het vierde uit die twintig spanne wat deelgeneem het, geëindig. Span B was negentiende in hul betrokke groep. Baie dankie aan mnr en mev André en Mariana Wessels, asook mev Denise Valentine (spanbestuurder) wat die groepe spelers vergesel het. Hulle het dit verskriklik baie geniet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *