Uncategorised
ATLETIEK: OUTENIQUA TOP 10
Die volgende BD-atlete het op 21 Oktober aan die Outeniqua Top 10 -atletiekbyeenkoms, in Oudtshoorn, deelgeneem.
HSB het 2de in die kleinskole-afdeling geëindig!
Die volgende uitslae is behaal:
Leighton Ahrends: 1ste S.16 Hoogspring, 1.75m
4de S.16 Verspring, 6.05m
Zayd Tayob: 3de S16 100 mH, 16.16s
Aden Payne: 4de S.25 800m, 2:10.33s
Urlinn Henecke: 5de S16 200m, 23.36s
Baie dankie aan mnr Christopher van Niekerk, me Larissa Lombard en me Eloïse du Plessis wat die atlete vergesel het.
Op foto v.l.n.r.: Zayd Tayob (bronsmedalje) en Leighton Ahrends (goue medalje)