KRIEKET

Die BD’s se o/15-krieketspan speel gister, 8 Februarie, op Hermanus teen Curro Hermanus. Bredasdorp kolf eerste en teken 113 lopies in 25 boulbeurte aan. Justin Bailey teken 24 lopies aan, Edmund O’Ehley 21 lopies nie uit nie en Daniel du Toit 21 lopies. Curro kolf toe en teken 105 vir 7 paaltjies in 25 boulbeurte aan. Hul moes in die laaste boulbeurt nog 10 lopies aanteken, maar kry dit toe nie reg nie. Christiaan Scholtz en Tiaan Scheepers neem elkeen 2 paaltjies na die BD’s se boulers pragtig teruggeveg het. Die BD’s wen met 6 lopies! Baie geluk, seuns!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *