DAMESTEE – RUGBYFONDSINSAMELING

Die damestee ten bate van die o/19A Rugbyspan, was inderdaad ‘n gesellige oggend. Kleurvol en klankryk. Die dames het regtig baie moeite gedoen met hul spesiale hoedens. Uiteindelik is mev Nadine Willeman, met haar imposante wit hoed, as die wenner gekroon. Annemari Groenewald het die gehoor vermaak met haar mooi klavierspel. Carmen Jagers (oud-BD) het met ‘n tipiese vrouehandsak en sy inhoud as simbool, die dames aangemoedig om hul geestesgesondheid as ‘n prioriteit te beskou. Abby Damon het die dames nie net motiveer om selfliefde toe te pas nie, maar ook bekoor met haar sang. Baie dankie aan die rugbymanne se ma’s wat hard gewerk het om van die oggend ‘n heerlike saamkuiergeleentheid vir almal te maak. Van verversings maak, borge soek, smaakvolle tafels dek, foto’s neem, kaartjies verkoop en watter deel van die organisering ook al hulle verantwoordelikheid was. Hoërskool Bredasdorp en die o/19A-rugbyseuns, waardeer julle!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *