OPEDAG – NETBALL COACHING CLINIC

Ons jaarlikse opedag het vanaand, 26 Februarie, plaasgevind. Om toekomstige BD’s ‘n idee te gee oor wat van hulle op die sportveld verwag sal word, is daar afrigtingsessies deur verskeie afrigters aangebied. Daar was ongeveer 55 o/12- en o/13-dogters wat die netbalafrigtingsessie bygewoon het. Daar was twee stasies naamlik Crossfit en balvaardighede. Met die Crossfit is die meisies aan ‘n vinnige, hoë intensiteit sessie bekend gestel. Dankie aan AD en Lou Foster wat dit aangebied het. Tydens die balvaardighede is daar op die basiese gooi- en vang-aksie gefokus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *