KRINGE IN ‘N BOS 2024

73 opgewonde gr 11-BD’s het Sondag douvoordag in die pad geval om op Oupoot se spore te loop. Die Kringe-in-‘n-Bostoer is ‘n jaarlikse tradisie waarna elke BD wat Afrikaans Huistaal neem, al van gr 8 af uitsien. Vanjaar was beslis geen uitsondering nie. Om die natuur van die tuinroete te beleef, bly ‘n voorreg. World of Birds, Monkeyland en Jukani wildekatplaas was op dag 1 aan die beurt. Maandag was die veerbootrit en staptog by die Featherbed Nature Reserve en die besoek aan die Wolf Sanctuary, ‘n besondere belewenis. Om kennis te maak met die bosreuse by die Elephant Park, bly vir baie gr 11’s ‘n hoogtepunt. Maandagaand het almal hul fyn uitgevat vir die heerlike ete by die Look Out restaurant in Plettenbergbaai. By Harkerville Lodge waar die groep oornag het, is daar lekker gebraai en is hulle beide oggende met smullekker ontbyte bederf. Dinsdag is ‘n sirkelroete in die Knysna-bos voltooi, waarna die toer afgesluit is met ‘n bospiekniek. Dis lekker om met entoesiastiese BD’s te toer – in 2025 maak ons weer so!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *