FIETSTOER

Dertien BD’s, drie volwassenes en een rugsteunvoertuig het vanaf 28 April tot 1 Mei (4 dae) ‘n afstand van 240 km met hul fietse afgelê. Die langste rit was 80 km. Hoewel hul spiere hard moes werk, het elke fietsryer die ervaring terdeë geniet en huiswaarts gekeer met baie herinneringe in die sak. Dit was voorwaar ‘n ervaring en ‘n voorreg wat almal nog lank in hulle harte sal koester. Baie dankie aan die volgende persone wat die fietstoer moontlik gemaak het: • Mnr Barend Smit – eienaar van Eigger Furniture-Kitchen-Cabinets wat as borg en as toerleier saam fiets gery het. • Me Louise Smit – direkteur van Bredasdorp BVSA-tak, wat as borg betrokke was en die rugsteunvoertuig (“backup”) bestuur het. • Mnr JP Terblanche – HSB-opvoeder en organiseerder van die toer as wat saam fiets gery het. • Dr Isaac Pretorius – wat mediese hulp op die toer kon verleen en saam fiets gery het. • Mnr Stefan Fourie en me Amy Neethling vir hul reëlings met die verversings en ontvangs by Soetmuisberg op Woensdag, 1 Mei. • Jan en Liesel Viljoen (Middelplaas, Greyton) en Wessel en Marietjie Swart (De Kleine Akker Kampeerterrein, Elim) vir die verskaffing van verblyf. • Borge: Eiger Furniture-Kitchen-Cabinets (fietsryhempie) Bredasdorp Steenwerke (fietsryhempie) Clay Brick (fietsryhempie) Me Yolanda Fick (padkos) Soetmuisberg (pizza en verversings)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *