REDENAARS

Baie geluk aan Leslie-Ann Janse van Rensburg in gr 8 wat gekies is om op 15 Mei aan die Wes-Kaap halfeindrondte van die ATKV Redenaarskompetisie deel te neem. Sy is een van slegs 25 sprekers wat 120 ander gr 8’s en 9’s moes uitstof om tot hierdie rondte van dié landswye kompetisie te kan deurdring. Beslis ‘n besondere prestasie waarop HSB baie trots is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *