NETBAL

Ons is ongelooflik trots op nóg ‘n netbalster! Junicke Newman het die Wes-Kaap by die Telkom Netball Challenge by Hoërskool Waterkloof vanaf 24-28 Junie verteenwoordig. Junicke het vir die o/17 Cedars gespeel. Hulle het ‘n ongelooflike netbalweek beleef en in die o/17-finaal teen die Dolphins van Kwa-Zulu Natal te staan gekom. Die Cedars wen die naelbytfinaal 35-34 en verower daarmee die goue medalje! Baie geluk, Junicke! Dit is ‘n ongelooflike prestasie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *