NETBAL

Somé Louw en Madelein Engel het die Wes-Kaap by die Telkom Netball Challenge by Hoërskool Waterkloof vanaf 24-28 Junie verteenwoordig. Hulle het vir die o/18 Willows gespeel. Juffrou Odendaal was ook die afrigter van hierdie span. Hulle het ‘n harde netbalweek agter die rug en het 3 tot 4 wedstryde per dag gespeel. Somé het die meeste van haar span se doele aangeteken en was ‘n staatmaker soos ons haar ken. Madelein het hard op verdediging gewerk en was absoluut die gees van die span. Hulle eindig toe 11de, maar het baie goeie lesse geleer. Ons is trots op ons BD-netbalspelers wat ons naam in Pretoria hoog hou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *